Montana-man kritiek na aanval

Thys Palm is ernstig beseer tydens die aanval. Foto: Facebook

’n Man in die noorde van Pretoria is in ’n kritieke toestand nadat hy die naweek in Montana aangerand is.

Thys Palm word in die intensiewe-sorgeenheid van Montana hospitaal behandel vir ’n ernstige kopwond.

’n Vriend, Dawie Fouché, sê Palm is met ’n bottel oor sy kop geslaan by ’n kuierplek in Sefako Makgatho-rylaan (Zambezi).

“Thys was saam met sy oudste seun by die kuierplek. Hier het sy seun moeilikheid gekry met ’n groep jong manne,” vertel Fouché.

LEES OOK: NUUSFLITS: Bejaarde man dood, vrou aangerand in wrede aanval by huis

“Thys het sy seun agtervolg uit die kuierplek – vermoedelik om die geveg stop te sit – toe hy met die bottel geslaan is.”

Fouché sê: “Hy het geval en sy kop het oopgebars op die grond. Hy is hospitaal toe gehaas met bloeding op sy brein.”

Fouché se vrou Charlotte sê vriende en familie sou Maandag om 18:00 by Montana hospitaal bymekaar kom om vir Palm te bid.

Palm se vrou Willemien was nie onmiddelik beskikbaar vir kommentaar nie.

LEES OOK: Bejaarde Moot-vrou se terugslag na aanval

Sy het Saterdagmiddag Facebook geskryf:

“Nood gebed! Ek Willemien Palm wil julle bitter graag vra, bid vir my man Thys Palm!! Hy is kritiek in ICU, ek is ongelooflik lief vir hom! Hy is onskuldig deur mans geslaan. Bid asb saam met my

Here ek wil U vra om my Thys se hand styf vas te hou! Wees met hom nou in teater! Here help hom asb, ek en sy kinders het hom bitter lief Here…”

Een persoon is in verband met die aanranding in hegtenis geneem.

Die polisie stel ondersoek in.

LEES OOK: Helde in bye-aanval

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
TUT unites students through heritage celebration