BRIEF: Respek vir onderwysers

 

Goeie dag

Ek wil graag hierdie stukkie met julle deel:

Ek het by ’n tutorsentrum gewerk en die hoof het duidelik gemeld dat die kinders geen dissipline het nie.

Binne die eerste week het ’n dogter in graad 4 my toegesnou as ’n “bitch” en ’n seun het die opmerking gemaak dat ek attitude het.

Ek kon hulle glad nie dissiplineer aangesien die ouers my beskuldig het dat ek die kinders rondruk en op hulle skree.

In die 23 jaar wat ek skoolgee is dit die eerste keer dat ouers my so valslik beskuldig en die hoof, wat veronderstel is om te weet dat dissipline sekuriteit gee, die ouers se kant kies.

Die ouers het my gedreig met allerhande maniere om my te verneder, te viktimiseer en selfs aantygings om my lewe in gevaar te stel.

Die leerlinge het nie boeke gehad om uit te werk nie en die hoof het gesê: “Sit sommer punte by dat hulle net kan slaag.”

Die graad 4-leerlinge kan nie eers tel van een tot 10 nie en het verlede jaar ’n vol jaar se onderriggeld betaal om in te kleur en die tyd af te wag vir graad 4 want die dame wat by hulle toesig gehou het, was ’n ongekwalifiseerde ouer.

Maniere, dissipline en respek is veronderstel om tuis aangeleer te word en onderrig is die onderwyser se taak.

Die kind kan nie respek hê as die ouer nie respek voorleef nie.

By die tutorsentrum word leerlinge toegelaat om in pouses te rook en ’n leerling het sy arm gebreek as gevolg van rommel wat op die speelterrein rondlê en wat by die hoof gerapporteer is, en geen aandag aan gegee is nie.

Onderwysers wat vroeër jare as ’n edel beroep beskou is word vandag gedreig en beledig as ’n “bitch”.

Wat gaan van ons toekomstige generasie word?

Groete

  AUTHOR
Kayla van Petegem

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Pta-vroue hekel vir goeie doel