Pta-Noord dogtertjie (4) dood na fratsongeluk

Abigail van Niekerk. Foto: Verskaf

’n Vier-jarige kind van Pretoria-Noord is Donderdag dood nadat sy ernstige kopbeserings opgedoen het in ’n fratsongeluk.

Abigail van Niekerk se familie is in rou gedompel nadat sy in Steve Biko-hospitaal oorlede is.

Haar ma moes toestemming gee dat die lewensondersteuningstelsel, wat Abigail aan die lewe gehou het, afgeskakel kon word.

LEES MEER: ‘Vriende’ in hof na Pta-Noord seun se moord

Sy was breindood.

’n Woordvoerder vir die familie Tania Otto het Vrydag aan Rekord gesê dat Abigail verlede week die kopbeserings opgedoen het by ’n verjaarsdagpartytjie van ’n familievriend.

“Abigail het op ’n ou toonbank in die tuin geklim en dit het in een gestort,” sê Otto.

“Haar kop die grond getref het en die boonste gedeelte van die toonbank het ook op haar kop neergekom wat haar skedel gebreek het.”

LEES OOK: Noord-swendelaar terug in hof

Otto beskryf dit as “verskriklike fratsongeluk” wat baie skielik en onverwags gebeur het.

Sy was byna ’n week in die hospitaal en was teen Woensdagmiddag breindood verklaar.

“Sy was ’n lieflike kindjie,” sê Otto bewoë.

“Sy het die sagste stemmetjie gehad.”

Otto sê Abigail se dood het ook ander inwoners geruk.

“Daar was vinnig baie ondersteuning van die gemeenskap aan Abigail se familie,” sê sy.

Besorgdes het donasies gemaak om die familie finansiël te ondersteun.

LEES OOK: OPVOLG: Geen antwoorde na noord-pa se moord

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Water restrictions hit Pretoria

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: