Wat is in die melk?

Die vreemde verskynsel binne die melkboks. Foto: Facebook

Pretoria-inwoners is verstom oor ’n grillerige verskynsel aan die binnekant van ’n melkboks.

Op die Facebook-groep “Eks van Montana en omliggende area” het ’n inwoner die week foto’s gedeel van ’n oopgesnyde melkboks waarin daar “iets groei”.

Die inwoner, Paula van Vuuren, sê haar suster het dié melk by ’n kettingwinkel in Rietfontein gekoop.

“My sus het die melk in haar koffie gebruik en ’n vreemde smaak opgemerk,” sê Van Vuuren.

“Die melk het glad nie suur geruik nie, so sy kon nie verstaan wat die vreemde smaak veroorsaak het nie – totdat sy die boks oopgesny en gesien het wat daarin is…”

Van Vuuren sê ’n swartkleurige “gedrog” is binne die boks gevind.

“Op eerste oogopslag het my sus gedink dis ’n muis en opgegooi,” sê sy.

“Sy het later van naby af gesien dat dit eerder soos ’n sampioen lyk wat binne in die boks gegroei het.”

Van Vuuren sê haar suster het die melkboks teruggeneem na die winkel, waar sy voorsien is met vars melk.

Spar bemarkingsbestuurder Jerome Jacobs sê dit is die eerste keer dat hy só ’n verskynsel in ’n lang-lewe melkboks sien.

“Dit is beslis ’n geisoleerde geval,” sê Jacobs.

“Dit is moontlik dat die boks op ’n manier beskadig is, maar dit sal vasgestel kan word deur toetse.”

Jacobs sê monsters is geneem van die melk om getoets te word deur die verskaffers asook Spar se hoofkantoor.

“Ons bly toegewyd om net die beste gehalte produkte te lewer.”

Die foto’s is in die Facebook-groep “Eks van Montana en omliggende area” gedeel.

 

Facebook kommentaar.

 

Facebook kommentaar.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
OPVOLG: Montana-inwoner sterk aan na jel ontplof

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: