VIDEO: Emosionele roudiens vir Noord-seun

Ds. Cobus van Nieuwenhuizen doen ’n stil gebed vir Francois Swart. Inlas foto: Francois Swart

’n Emosiebelaaide roudiens is Donderdag gehou vir ’n jong skietslagoffer van die noorde van Pretoria.

Francois Swart (21) is vanuit die NG gemeente Florauna begrawe.

Swart is verlede maand gewond in ’n skietery in Lichtenburg en is op 5 Junie in die hospitaal dood.

Die diens is gelei deur Ds. Cobus van Nieuwenhuizen wat gbesukkel het om sy eie trane te bedwing.

Lees Ook: Diep hartseer heers tydens oud-Affie begrafnis

Hy het hulde gebring het aan Swart, wat op 9 Mei twee keer in die nek geskiet is deur ’n onbekende man.

Nieuwenhuizen het weer vertel hoe Swart ’n koeldrank gaan koop het by ’n vulstasie toe hy sonder verduideliking geskiet is.

Hy is in die Chris Hani Baragwanath- hospitaal behandel vir sy wonde.

“Híér het hy ook die harte van die personeel aangeraak voor sy dood,” het Nieuwenhuizen gesê.

In ’n brief aan Swart, skryf sy vriend Johann Müller:

“Jy was ’n gawe, spontane, vriendelike en goedhartige persoon. Jy was die barmhartige Samaritaan wat elke Jan Rap en maat wou help.

Lees Ook: “Ek vergewe die Taliban,” sê Hannelie by gesin se begrafnis

Jy het ’n hart van goud gehad, jou sin vir humor sal ons almal mis. Jou glimlag sal ons altyd herken en jou lag eggo in die gange van ons hart.

Die wêreld is wreed en koud en het jou nie verdien nie. Jy het nog soveel gehad om die wêreld te bied.

Dankie vir die 21 jaar wat jy die wêreld ’n beter plek gemaak het.

Francois… Fransie Swart, jy sal vir altyd in ons harte aan leef.”

Swart is in die Heatherdale begraafplaas ter ruste gelê.

Foto: Corlia Kruger

Pieter Bekker bring huldeblyk aan Francois Swart. Foto: Corlia Kruger

Roubeklaers vul die kerksaal. Foto: Corlia Kruger

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
North hospice’s vegetable garden feeds community

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: