Gemeenskap reël troue vir Noord-motorwagte

Anna en Hannes. Foto: Facebook

’n Hawelose-paartjie van Pretoria-Noord sou nooit kon dink dat ’n sprokiestroue hul beskore is nie.

Maar danksy ’n omgee-groep en lede van die gemeenskap, sien dié twee uit na ’n spogbruilof wat Sondag in die noorde sal plaasvind.

Anna Labuschagne en haar aanstaande Hannes Strydom is beide motorwagte by ’n Pretoria-Noord winkelsentrum.

Ruth Jacobs, stigter van die omgee-groep “People do care/Mense gee om”, sê die paartjie het maande gelede mekaar gevind en verlief geraak “in die parkeerterrein by Shoprite”.

“Die tweetjies wou net trou – ek moes keer of hulle sou al by binnelandse sake die knoop deurgehaak het,” sê Jacobs.

“Dit is die eerste keer wat ons Anna (37) trou, en ek voel sy verdien darem ook ’n spesiale dag wat sy altyd sal onthou.”

Jacobs se omgee-groep, wat ook baie aktief is op Facebook, is verlede jaar van stapel gestuur.

Jacobs, haar man Willem Cenci en ander vrywilligers van Pretoria-Noord het met ’n projek begin om elke aand aan hawelose mense kos te voorsien in die omgewing.

LEES OOK:

Wolmer-huis vol omgee

“Ons omgee-groep is werklik geseën,” sê Jacobs.

“Dit verbaas my soms nog steeds om te sien hoeveel mense vir ander omgee en die reaksie wat ons kry as ek iets op Facebook plaas.”

In Oktober verlede jaar het ondersteuners van dié omgee-groep ’n bederfdag gereel vir Anna.

“Dit het begin toe Anna oor tandpyn gekla het,” verduidelik Jacobs.

“Sy was verskriklik skaam en was nie bereid om alleen na die kliniek te gaan vir mediese hulp nie.”

Dr Johan Klopper, ’n tandarts in Rietfontein, het toe sy dienste gratis aangebied om Anna te help.

Danksy die groot belangstelling wat Jacobs se omgee-groep gekweek het, het Anna ook ’n reeks skoonheidsbehandelings gekry van Ultra Style Studio wat ’n hare-, nael- en voetsorgafspraak ingesluit het.

“Na daardie dag, het Anna soveel meer selfvertoue gehad,” sê Jacobs.

Met haar nuwe voorkoms was sy glad nie skaam om die “aantreklike” motorwag, wat saam met haar werk, te nader nie.

“Hy (Hannes) het een dag saam met Anna na ons huis toe geloop – en ek het hom omtrent ingevlieg en ondervra. Anna was toe al lank deel van ons ‘gesin’ in Pretoria-Noord en ek wou seker maak die mannetjie vat nie kanse met haar nie,” vertel Jacobs.

“Ek het toe vir Hannes leer ken en besef dat hy tog ’n goeie hart het. Hy blyk net so lief vir Anna, soos sy vir hom.”

Nadat Jacobs vir hulp gevra het op sosiale media om ’n troue te reël vir die paartjie, is sy oorweldig met boodskappe van mense wat wou bydraes maak.

“Die troupak, rok, ringe, blomme, onthaal en alles was gereël vir die troue,” sê Jacobs.

“Dit is ongelooflik dat so baie mense wou help om ’n spesiale dag te beplan vir twee mense wat nooit só ’n troudag andersins kon verwag het nie.”

Jacobs sê die paartjie sien baie uit na hulle groot dag.

“Dit is weer bewys dat mense omgee vir mekaar. Met soveel negatiewe gebeure elke dag, voel dit baie goed om te weet dat daar nog engele in ons gemeenskap is.”

LEES OOK:

VIDEO: Seuntjie kry spesiale rolstoel danksy noorde se mense

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
UPDATE: Police investigating north cash-in-transit heist

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: