update


OPVOLG: Noord-pa steeds vermis, voertuig gevind

George Bezuidenhout

Die soektog na ’n jong pa van twee gaan voort, nadat hy verlede week spoorloos verdwyn het in Pretoria-Noord.

Jaco Bezuidenhout sê sy broerskind George (27) het op 8 Mei verdwyn nadat hy glo kontant getrek het by ’n OTM-masjien in die omgewing.

“Met die polisie se hulp kon ons sy bakkie opspoor oor die naweek,” vertel Bezuidenhout.

Daar was egter geen teken van George self nie.

Die wit Isuzu bakkie, waarin George gery het, is verlate in Germiston gevind.

“George se bankkaarte, sleutels en ander besittings is in die bakkie gekry,” sê Bezuidenhout.

“Ook sy selfoon is in die bakkie ontdek – dit was gebreek.”

Bezuidenhout sê hy is nie bewus dat George enigiemand ken in Germiston nie.

“Ek kan nie dink hoekom hy hiernatoe sou ry het nie,” sê hy.

Polisie het vingerafdrukke geneem en ons wag nog om te hoor of daar enigiemand anders saam met hom in die bakkie kon wees.”

George is die pa van twee jong seuns, Gregory (3) en Zavair (1).

Hy het ’n tatoeëermerk van ’n kruis op sy bors met sy seuns se name op.

Enigiemand met inligting oor George kan Pretoria-Noord polisie skakel by 012-353-5600/66/7/8 of Pink Ladies by 072-214-7439 of 072-581-2052 of 083-378-4882.

LEES OOK: 

Noord-pa vermis

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
OPVOLG: Weermaglid weer in hof na skietery

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: