OPVOLG: VIDEOS: Versoek vir ooggetuies in noord-ongeluk

Die vragmotor het die muur van ’n sakeperseel getref. Foto: Verskaf

 

Polisie doen beroep op ooggetuies in ’n ongeluk noord van Pretoria om na vore te kom met inligting wat kan help in ’n polisie-ondersoek.

Die gru-ongeluk, waarin een persoon dood is, het op 20 Februarie gebeur in Lavenderweg.

LEES OOK: OPVOLG: Hartseer na jong man (20) in noord-ongeluk sterf

Skynbaar het die remme van ’n agt-ton vragmotor ingegee oor die nek van die berg in Wonderboom.

“Die vragmotor het buite beheer teen die steil afdraande beweeg en ’n man getref wat pamflette versprei het in Lavenderweg,” het polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk vertel.”

Twee motors is daarna in ’n parkeerterrein getref voordat die vragmotor deur die muur van ’n sakeperseel is.

Sien video:

Sien video:

Van Dyk sê die bestuurder van die vragmotor het wonderbaarlik sonder ernstige beserings daarvan afgekom.

Die man wat deur die vragmotor getref is, is egter op die toneel dood verklaar.

LEES OOK: OPVOLG: Bejaarde sterf in gru-ongeluk in die noorde

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

“Ons (polisie) vra dat ooggetuies na vore kom met inligting wat kan help in die ondersoek,” sê Van Dyk.

Enigiemand met inligting word gevra om adjudant-offisier Christo Oelofse te skakel by 082-408- 8332.

Twee motors is in ’n parkeerterrein getref voordat die vragmotor deur die muur van ’n sakeperseel is. Foto: Verskaf

Die vragmotor na die ongluk. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
OPVOLG: Vermiste Yorkie in Moot gevind

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: