OPVOLG: Man sterf na trok hom tref in die noorde

Martins Shaba. Foto: Verskaf

’n Man wat deur ’n trok raakgery is in die noorde van Pretoria is Maandagmiddag oorlede.

Martins Shaba (49) is verlede Donderdag ernstig beseer op die hoek van Lavenderweg en Boragelaan in Annlin.

Na etlike dae in ’n kritieke toestand in Ga-Rankuwa-hospitaal se hoësorgeenheid, het hy aan sy beserings beswyk.

Shaba se kollega by Bathusi Promotions, Corna de Villiers, het haar meegevoel aan sy familie betuig.

“Dis so hartseer dat ’n familie uitmekaargeruk is weens een persoon se onverskilligheid,” sê De Villiers.

Sy het vroeër aan Rekord vertel dat Shaba na ’n busstop toe gestap het na werk, toe hy deur die trok getref is.

LEES OOK: OPVOLG: Hartseer na noord-man sterf

“Hy het by die verkeerslig gewag totdat dit veilig was vir hom om oor die pad te loop,” sê sy.

“Die trok het oor die rooilig gejaag en hom gestamp.”

De Villiers sê met die trefslag het Shaba deur die lug getrek en op die middelmannetjie in die pad beland.

“Hy het erge kopbeserings en wonde aan sy lyf opgedoen, en hy het gesukkel om asem te haal.”

De Villiers sê werknemers by Annlin Motors Caltex-vulstasie was eerste op die toneel om nooddienste te ontbied.

“Ek het saam met van ons ander kollegas na die toneel gehaas,” sê sy.

“Die trok is baie verder van die ongelukstoneel aangetref. Daar was geen lisensieskyf op die voertuig se ruit nie.”

LEES OOK: OPVOLG: ‘Sagte grootman’ sterf in noord-ongeluk

De Villiers sê sy is bitter na die ongeluk wat haar kollega se lewe gekos het.

“Ek hoop werklik dat Martins se familie geregtigheid sal kry na hierdie tragedie.”

Polisie stel ondersoek in.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
UPDATE: Sinoville water restored

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends: