Noord-man ernstig beseer toe trok hom tref

Martins Shaba. Foto: Verskaf

’n Man is in ’n ernstige toestand in Ga-Rankuwa-hospitaal nadat hy in die noorde van Pretoria deur ’n trok getref is .

Martins Shaba (49) is verlede Donderdag op die hoek van Lavenderweg en Boragelaan raakgery.

Sy kollega Corna de Villiers het Maandag met Rekord gepraat en sê dat Shaba nog steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal se hoësorgeenheid is.

“Hy het na werk, omstreeks 16:12, na die busstop toe geloop,” vertel De Villiers.

“Hy het by die verkeerslig gewag en eers oorgeloop toe die lig rooi was vir die motoriste.”

Sy sê dis tóé dat die trok Shaba tref.

LEES OOK: Tref-en-trap in noorde herleef

“Beeldmateriaal van ’n vulstasie oorkant die pad het gewys hoe die trok oor die verkeerslig ry en hom tref,” sê De Villiers.

“Met die slag het hy deur die lug getrek en op die middelmannetjie in die pad beland.”

Sy bedank die werknemers by Annlin Motors Caltex-vulstasie wat eerste op die toneel was om Shaba te help en nooddienste te ontbied.

“Martins het ernstige kopbeserings opgedoen en het gesukkel om asem te haal,” sê De Villiers.

“Gelukkig kon nooddienste hom stabiliseer voor hy na die hospitaal geneem is.”

Ander kollegas van Shaba by Bathusi Promotions het ook hul medelye betuig.

“Namens al sy kollegas wens ons hom ’n spoedige herstel toe en bid ook dat geregtigheid sal geskied.”

De Villiers sê daar is vroeër soortgelyke ongelukke aangemeld by die kruising waar Shaba raakgery is.

“Ons werk hiernaby en daar was al baie gevalle waar motoriste oor die rooi lig gejaag het.”

Polisie stel ondersoek in.

LEES OOK: Pretoria-man sterk aan na tref-en-trap

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
North police operations yield success

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: