VIDEO: Noord-held jaag boewe na byl-aanval

Chris Bodirwa. Foto: Corlia Kruger

’n Apteek-koerier van Dorandia het sonder om twee keer te dink op boewe afgestorm wat ’n vrou met ’n byl beetgekom het.

Chris Bodirwa het Woensdagmiddag twee aanvallers in Earlstraat agternagesit, nadat die mans sy 53-jarige buurvrou in haar huis oorval het.

Bodirwa, wat aflewerings doen vir Madelief Apteek, sê hy het die boewe uit sy buurvrou se huis verdryf en hulle tot by ’n treinspoor gejaag waar hulle verdwyn het.

“Ek was omstreeks 13:00 by die huis vir middagete, nadat ek medisyne in die omgewing afgelewer het,” vertel Bodirwa.

“Ek was nog besig in die kombuis toe ek die gil van ’n vrou hoor.”

LEES OOK: Boewe bly aktief in Sinoville

Bodirwa sê nadat hy uit die huis gehardloop het om ondersoek in te stel, het hy met skok besef dat dit sy buurvrou is wat gil.

Sonder huiwering het hy sy buurvrou se huis binnegestorm, waar hy die twee boewe betrap het.

“Hulle moes binne die huis vir haar gewag het,” sê Bodirwa.

Een van die aanvallers het die vrou met ’n handbyl teen haar kop geslaan toe hy glo haar motorsleutels by haar wou afvat.

Bodirwa sê toe hy op die aanvallers afstorm, het hul slegs sy buurvrou se selfoon gegryp en gevlug.

Nog inwoners in die straat en paramedici was vinnig op toneel om die beseerde vrou te help.

“Ek is net bly dat ek kon help,” sê Bodirwa beskeie.

“Dis jammer ek kon nie die rowers vang nie.”

Voordat Bodirwa by Madelief Apteek begin werk het, was hy vir 15 jaar lank ’n veiligheidswag.

“Ek was deel van die gewapende reaksie groep (armed response) wat patrollies sou ry ook in die omgewing,” sê hy.

“Met jare se ervaring het ek geleer om die mense in my gebied te leer ken en ook weet wie nie daar hoort nie.”

LEES OOK: Boewe het hul oog op jou voertuig

Hy sê as veiligheidswag het hy geleer om oplettend te wees en vinnig te reageer “wanneer daar moeilikheid is”.

Bodirwa se buurvrou is na die naaste hospitaal gebring en is in ’n stabiele toestand.

Polisie stel ondersoek in.

Kyk video:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Pta-brandweerman red hond uit brandende huis

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: