VIDEO: Noordstraat-stinkstraat

Johan Vorster het dié naamborde opgesit in Jan van Riebeeckstraat, Pretoria-Noord. Foto: Corlia Kruger

Inwoners in Pretoria-Noord sê hulle is moeg vir die stank van riool wat verby hul huise vloei.

Een van die inwoners, ’n oudlanddros, het sy ongelukkigheid duidelik gemaak deur ’n straat te hernoem sodat dit by die rioolkrisis pas.

LEES OOK: Rooiwal sewage spill continues – residents demand urgent action

Die naamplate “K*kstraat” en “Sh*t Street” het verlede Vrydag onder die Jan van Riebeeckstraat-naambord verskyn.

“Die volgende stap sal wees om ook my adres te verander,” skerts Johan Vorster.

Vorster sê hy het die naamborde opgesit nadat talle klagtes oor rioollekkasies in dié straat op dowe ore geval het.

“Twee maande gelede het die stadsraad ’n waterlekkasie herstel en in die proses ’n rioolpyp beskadig,” sê Vorster.

“Nou stroom die str*nt hier af en niks word gedoen om die rioolpyp te herstel nie.”

Vorster het, nadat hy as landdros afgetree het, vir vier jaar by die Tshwane-munisipaliteit gewerk.

Hy sê die voortdurende probleme met waterlekkasies en riool in die straat waar hy woonagtig is, is onaanvaarbaar.

Sy buurman, dr. Andrew Marx, het ook sy stem dik gemaak oor die water- en rioolprobleme.

LEES OOK: Riool uiteindelik opgeruim

“Nuwe ontwikkeling word toegelaat sonder dat daar voorsiening gemaak word vir die ekstra rioolafvoer,” sê Marx.

Marx en Vorster het verlede jaar kapsie gemaak teen die ontwikkeling van woonblokke op ’n erf in Jan van Riebeeckstraat.

“In November, sonder dat ons in kennis gestel is van enige vergadering, is die ontwikkeling goedgekeur,” sê Vorster.

Rou riool wat ook in Vorster se erf in loop, bly ’n probleem.

“Die stank is ondraaglik en dis ’n gesondheidsrisiko vir ons as inwoners.”

Tshwane-metro woordvoerder Lindela Mashigo kon nie onmiddelik bereik word vir kommentaar nie.

Dana Wannenburg, wat tydelik instaan vir die Pretoria-Noord-raadslid, het Maandag ondersoek ingestel op die rioolprobleem.

“Die rioollekkasie wat oorsprong vind tussen 94 en 96 Jan van Riebeeckstraat, kan ek bevestig is aangemeld by die metro,” sê Wannenburg.

“Die lekkasie het ontstaan waar die twee rioolpype gekoppel is. Dit is dus nie so eenvoudig om te herstel nie.”

Wannenburg sê ’n aansoek is gedoen vir ’n kontrakteur om die pyp te herstel.

“Dit mag dalk ’n week of langer neem voor herstelwerk kan begin.”

LEES OOK: Sewage leak a problem in Soshanguve

Rou riool lê wit op die plante in Johan Vorster se tuin. Foto: Corlia Kruger

’n Verstopte drein op die hoek van Jan van Riebeeckstraat en Berglaan. Foto: Corlia Kruger

Rou riool wat in die straat afloop is ’n algemene verskynsel sê inwoner Johan Vorster. Foto: Corlia Kruger

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
OPVOLG: Noord-pa veilig gevind

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: