Montana-matrieks trots op finale resultate

Jacques Human

Hoërskool Montana is trots op hul matriekleerders wat met vlieënde vaandels geslaag het.

Die skool spog met ’n 99,62 persent slaagsyfer.

Soveel as 77,6 persent (204 uit 263 leerders) slaag met universiteitsvrystelling – die hoogste ooit vir dié spogskool.

Die skool pryk met 285 onderskeidings en 470 B-simbole.

Vier leerders verwerf sewe onderskeidings, nege spog met ses onderskeidings elk, ses verwerf vyf A-simbole en ses kry vier onderskeidings elk.

Twintig leerders het ’n gemiddeld van bo 80 present behaal, met ’n verdere 61 bo 70 persent.

Drie vakgemiddelde is bo 70 persent en 17 vakke bo 60 persent.

LEES OOK: Alpha-Wiskunde prestasie vir Hoerskool Overkruin

Die skool spog ook met ’n 100 persent gemiddeld vir 20 uit 23 vakke.

Jacques Human is die toppresteerder, met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 89,3 persent.

Sy toekomsplanne? “Ek beplan om rekenaaringenieurswese te studeer.” Human se belangstellings sluit in nuwe tegnologie, rekenaars en rekenaarspeletjies.

Arlo Fuls is kort op Human se hakke, met sewe onderskeidings en ’n gemiddeld van 89,1 persent.

Fuls sê sy plan vir die toekoms is om elektroniese ingenieurswese te studeer. “My plan is om daarna by Induna Robotics te gaan werk.”

Fuls geniet ook rekenaarspeletjies, maar meestal om tyd saam met vriende te spandeer.

Marchant Fourie is nog ’n toppresteerder en spog met ’n gemiddeld van 88,4 persent en ses onderskeidings.

Hy beplan om ook elektroniese ingenieurswese te studeer. “Ek gaan spesialiseer in ‘robotics’ en sal graag vir ’n maatskappy soos Eskom of Sasol wil werk.”

LEES OOK: Hoërskool Akasia se seunsatlete presteer by PUK Top 30

Fourie het ook Suid-Afrika in Abu Dhabi tydens die World Robotics Olympiad verteenwoordig.

Ander leerders wat deel maak van die top-10 is:

– Chakira Pelser met ’n gemiddeld van 87,7 persent en ses onderskeidings; – Conrad Vos met ’n gemiddeld van 87,6 persent en sewe onderskeidings;

– Alecian van Niekerk met ’n gemiddeld van 87 persent en ses onderskeidings;

– Arno Möller met ’n gemiddeld van 85,4 persent en ses onderskeidings;

– Bianca du Plessis met ’n gemiddeld van 85,3 persent en ses onderskeidings;

– Jacqueline dos Santos met ’n gemiddeld van 84,3 persent met vyf onderskeidings en

– Tebogo Mbanyane met ’n gemiddeld van 83,7 persent met ses onderskeidings.

Die top-10 spog saam met ’n gemiddeld van 86,8 persent.

Do you have more information about the story? Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
SKOOL: Ovie word verkies to o.14-Duikerspan

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: