OPVOLG: Hartseer na noord-man sterf

Sakkie Verster. Foto: Facebook.

Familie en vriende is in rou gedompel na die moord op Sakkie Verster (56) in die noorde van Pretoria.

Verster se liggaam is verlede Donderdagoggend in sy huis naby die Heatherdale-begrafplaas in Ninapark gevind.

Sy buurman, Chris Zietsman (79), het vroeër vertel dat drie rowers toegang tot Verster se huis verkry het.

Verster is doodgeskiet en sy 16-jarige dogter en haar vriendin, wat ook in die huis was, is met kabelstroppe vasgemaak.

Na die rowers die huis geplunder en met hul buit gevlug het, het die tienermeisies hulself bevry en om hulp geroep.

Zietsman het die tieners oor die muur tussen die erwe gehelp en die polisie gebel.

Polisiewoordvoerder kaptein Rheineth Motlana sê dat ’n polisie-ondersoek onderweg is.

LEES OOK: OPVOLG: Polisie-ondersoek na moord in die noorde

Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Verster laat vyf kinders agter.

Een van sy vier dogters, Jo-Anne, sê haar pa was ’n goeie, liefdevolle man.

“Hy was snaaks. Hy het altyd grappies gemaak.”

Sy sê haar pa was ook in ’n langtermynverhouding en sal gemis word deur sy familie en vriende.

Op sosiale media het boodskappe van huldeblyke en medelye ingestroom.

Johan de Beer skryf: “Dit is so tragies om ‘n oud-kollega op so wrede wyse te verloor. Rus in Vrede Sakkie!”

Marie du Toit Booy skryf: “Sakkie was net so geliefd in ons hardloopkring. Altyd bemoedigend en tyd vir ’n grappie en geselsie. RIV Ou maat!”

Daleen van den Broek skryf: “Ons meeggevoel met die naastes. Jy sal regtig gemis word by DLS van almal daar.”

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
OPVOLG: Pta-hond piekfyn na brand

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: