OPVOLG: ‘Sagte grootman’ sterf in noord-ongeluk

Rian Brits. Foto: Facebook

’n Jong man (20) wat Sondagaand in ’n gru-ongeluk dood is, word Donderdagoggend begrawe.

’n Roudiens vir Rian Brits word by die NG Kerk Villieria om 11:00 gehou.

“Rian sou op 26 Januarie sy 21e verjaarsdag vier,” het Brits se ma Louise, Woensdagoggend met Rekord gedeel.

Brits is Sondagaand oorlede nadat sy motor en ’n ligte vragmotor op die hoek van Aldostraat en Sefako Makgatho-rylaan in Sinoville gebots het.

Die passasier in Brits se voertuig, asook die bestuurder van die vragmotor, is met ernstige beserings na ’n naaste hospitaal gehaas.

Die ongelukstoneel. Foto: Best Care

Nadat Brits uit die wrak van sy voertuig deur lede van die brandweer bevry is, het paramedici gespook om hom by te bring.

Hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.

LEES OOK: UPDATE: North accident victim dies in hospital

Louise beskryf haar seun as ’n “gentle giant” wat baie mense se lewens met sy saggeaarde persoonlikheid aangeraak het.

“Hy was ons steunpilaar,” het sy hartseer vertel.

Sy bedank diegene wat haar en haar familie na die ongeluk bygestaan het.

“Dankie aan Xander Loubser en die Best Care-span wat alles moontlik gedoen het om my seun te probeer red,” sê sy.

“Dankie aan die brandweer en ander nooddienste wat op die toneel was.

Spesiaal dankie aan Hugo Minnaar asook Erna Serfontein van IMS (International Medical Services) wat ons persoonlik bygestaan het.”

Boodskappe van medelye aan die familie het op sosiale media ingestroom.

Die ongelukstoneel. Foto: Best Care

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

 

 

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
NOTICE: Water supply interruption expected in the North.