Stephanus Roos se krieket blom!

Die o.13 Rose. Voor vlnr: Konrad Koukeas, Armandt Walkenshaw en Tynin Pinard. Middel vlnr: L.T. van der Nest, Jordan Lewis, Stiaan Schmiedeskamp en Damian Rademeyer. Agter vlnr: Hanu van Heerden, mnr. Morné Engelbrecht (afrigter), Wian Ruthven, Misha Stoltz, mnr. Gabriël Kotze (afrigter) en Tjaart van der Walt.

Laerskool Stephanus Roos se onderskeie krieketspanne het die afgelope seisoen verbasend goed gevaar.

Die o.11-krieketspan het die liga gewen en deurgedring na die kwart-finaal teen Laerskool Constantiapark. Die Rosies wen die wedstryd op hul tuisveld.

Hulle dring deur na die semi-finaal waar hulle Laerskool Lynnwood uitgehaal het met 93 lopies, maar ongelukkig met 30 lopies verloor het.

Hierdie o.11-krieketspan is deel van die top 6 beste o.11-spanne in Pretoria. Hou gerus hierdie seuns dop, hulle gaan nog hoër hoogtes bereik.

Die o.13-krieketspan het die eerste keer in hul laerskoolloopbaan die liga gewen. Dit wil gedoen wees, manne!

Hulle het baie goed gespeel, maar ongelukkig vasgeval in die kwart-finaal teen Laerskool Wierdapark.

Ons sien uit daarna om van hul prestasies op die sportveld in die hoërskool te hoor.

  AUTHOR
Rekord News

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Noord skool se twee helde