VIDEO: Sinoville se seeroog – onwettige plakkers en rommelstrooiers

Vullishope naby Marijastraat. Foto: Corlia Kruger

Rommelhope en gelapte strukture in oop bebosde velde langs woongebiede los Sinoville-inwoners met ’n seeroog en owerhede se hande vol.

“Eiendomme in Sinoville- en Annlin-omgewings wat omskep word in onwettige stortingsterreine en skuiling vir sluipslapers, is ’n groot veiligheidsrisiko vir ons inwoners,” sê wyk 50-raadslid Lenise Breytenbach.

Breytenbach het dié week saam met Annlin-Wes gemeenskap se buurtwagstigter Ockert de Bruyn, verskeie eiendomme besoek waar vullis en onwettige pakkers ’n probleem is.

In Mircalaan en Marijastraat is oop velde uitgewys waar sluipslapers hulself tuis gemaak het.

Waar Marijastraat doodloop, lê ’n klein heuwel van vullis in die veld tussen woonkomplekse.

“Die vullissorteerders bring hul trollies vol herwinbare vullis wat dan hier gestort en sorteer word,” verduidelik Breytenbach.

“Soos ek verstaan word daar een keer ’n week vullis gesorteer wat na die herwinningsfasiliteite aangery word.

LEES OOK: Onwettige plakkerswonings verwyder

“Ongelukkig vermeerder die vullis daagliks en nou word dié stuk grond vir onwettige vullisstorting gebruik.”

Verby die vullishope, steek plakkersskuilings kop uit tussen die lang gras en digte bosse.

“Buurtwag en patrolleerders is veral paraat in dié omgewings,” sê De Bruyn.

Hy sê misdade soos inbrake neem veral toe gedurende die feesseisoen en ’n tendens word opgemerk naby dig bebosde omgewings wat sluipslapers skuiling bied.

“Sover kan Annlin-Wes gemeenskap spog met ’n byna 100 dae misdaadvrye syfer,” sê hy.

“Ons sal dit graag so wil hou en vra dat mense by hul buurtwag aansluit en ons meer sigbaar maak in die gemeenskap.”

Breytenbach sê: “Privaat eienaars van die leë eiendomme in ons gebied moet aanspreeklik gehou word vir die toestand van die grond.

Sy sê die welstand van inwoners en waarde van hul huise word direk deur naburige eiendomme geraak.

“Vullis lok peste na die woongebied. Die onwettige plakkers het ook geen toiletgeriewe nie, wat’n probleem met riool tot gevolgtrekking het.”

Die eienaar van ’n leë erf op die hoek van Derde- en Cecilstraat, waar nog onwettige plakkersstrukture opgerig is, het Dinsdag met Rekord gepraat.

LEES OOK: Hammanskraal-inwoners bedreig deur plakkers

“My hande is afgekap na ek ontwikkeling moes staak as gevolg van ’n petisie deur die inwoners in die omgewing,” vertel die eienaar.

“Ek wag al vir twee jaar om hersonering te kry vir die eiendom. Die bouplanne vir ’n woonstelblok is in plek, maar ongelukkig was die inwoners in die omgewing gekant daarteen en sal daar geen ontwikkeling kan plaasvind tot na ’n verhoor nie.”

Rekord het navraag gestuur aan Tshwane-metro oor die onwettige vullisstorting en plakkerskuilings.

Geen terrugvoer is teen druktyd ontvang nie.

Do you have more information about the story? Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Hammanskraal learners urged to return textbooks, tablets in good condition