Sinoville bederf polisievroue

Die bederfdag by Sinoville-polisiekantoor. Foto: Verskaf

Sinoville se heldinne in blou is die week met ’n middagete bedank vir hul diens in die gemeenskap.

“Ons vroue is Donderdag ge-‘bust’ deur Panarottis Montana,” sê polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk.

“Daar is aan al die lede van Sinoville-polisiekantoor pizza’s en koeldrank voorsien – dit is soms die polisie se stapelvoedsel, veral op besige dae.”

LEES OOK: Swak dienslewering onaanvaarbaar – Sinoville-polisie

Van Dyk sê die heerlike bederf was voorsien om dankie te sê aan die “onbaatsugtige” polisievroue.

“Die vroue kan met ‘n sagte oor moeilike situasies ontlont, maar ook met ’n ferm hand ons gemeenskap dien.”

“Die polisiemanne is opreg dankbaar en trots om saam met dié ystervroue te werk wat hul man in die gemeenskap kan staan,” sê hy.

“Ons wil dankie sê aan Panarottis Montana wat saam met ons hande gevat het en so ook hul dankbaarheid getoon het teenoor ons ‘juwele’ hier by die polisiekantoor. Dit is ’n voorreg om saam met julle en die res van die gemeenskap in ’n vennootskap te wees.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Lentefees bederf vir bejaardes in die noorde