Noord-egpaar 60 jaar getroud

Ansie en Johan Meintjes.

’n Egpaar van Zambesi-aftreeoord, in die noorde van Pretoria, spog met 60 goue huweliksjare.

Johan en Ansie Meintjes is op 3 Augustus in 1957 getroud in Pretoria.

Hul dogter Lindi Gilardi sê hulle is nog net so gek oor mekaar soos die dag van hul eerste ontmoeting.

LEES OOK: Noord-egpaar oorleef kapingdrama

“Hulle het mekaar in November 1955 tydens ’n kerkkamp ontmoet,” vertel sy.

Hulle is twee jaar daarna getroud en spog vandag met drie dogters, vier agterkleinkinders en twee agter-agterkleinkinders.

“My pa was ’n polisieman en my ma ’n sekretaresse by Hoërskool Tuine.”

Gilardi sê geloof en geduld blyk die resep te wees vir ’n gelukkige huwelik soos dié van haar ouers.

LEES OOK: Noord-egpaar oorleef kapingdrama

“Hulle doen ook alles saam. Hulle lees saam en geniet ook om blokkiesraaisels saam in te vul.”

Sy sê haar ouers is ook lief vir tuinmaak en haar pa bou graag voëlvoerders.

“Namens die kinders en kleinkinders wens ek hulle nog baie gelukkige jare saam,” sê Gilardi.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Facebook, Instagram outage worldwide