NUUSFLITS: Man erg aangerand in Sinoville

Carel Albrecht Kruger na die aanval. Foto: Verskaf

’n Man in Sinoville is erg beseer na hy glo herhaaldelik met bakstene in die gesig en kop geslaan is.

Twee mans is Sondagaand in hegtenis geneem kort na die aanval op Carel Albrecht Kruger.

LEES OOK: NUUSFLITS: Bejaarde man dood, vrou aangerand in wrede aanval by huis

Noord-inwoner Dana Wannenburg sê Kruger is Sondagaand na ’n hospitaal gehaas nadat hy in Lavenderweg aangerand is.

Wannenburg herhaal die gebeure soos wat Kruger beskryf het:

“Hy was die aand, rondom 18:00, by ’n eetplek saam met sy kinders.”

“Na ete was hy, alleen in sy voertuig, op pad terug huis toe. Hy het in Sefako Makgatho (Zambezi) rylaan regs gedraai in Lavenderweg waar die voorval plaasgevind het.”

In ’n boodskap wat Wannenburg met Rekord gedeel het, skryf Kruger:

“… ek was ingeboks en van die pad afgedruk deur twee voertuie.”

LEES OOK: Onnie van aanranding beskuldig

“Toe ek sien wat op pad is om met my te gebeur, steek ek die voorste voertuig verby en word van agter af gestamp dat my voertuig tot stilstand kom.”

Kruger het aan Wannenburg beskryf hoe vier mans uit die twee voertuie gespring het en hom met bakstene deur sy voertuig se ruit begin slaan het.

“Hulle het sy voertuig se sleutels probeer gryp terwyl hulle hom aangerand het,” sê Wannenburg.

“Volgens Kruger het hy twee metro-polisie offisiere in Lavenderweg gewaar. Hy het uit sy voertuig geklim, terwyl hy steeds aangerand en geslaan word, en na dié offisiere gehardloop.”

Kruger beweer dat hy geen hulp ontvang het van die blykbare metro-polisie lede nie, sê Wannenburg.

“Hy is wel daarna deur twee ander metro-polisie offisiere bygestaan.”

Twee mans is in verband met die aanranding op Kruger in hegtenis geneem, het polisie bevestig.

Die twee beskuldiges is in aanhouding by Sinoville-polisie en sal binnekort in die hof verskyn.

Wannenburg sê Kruger is Maandag uit die hospitaal ontslaan.

Die rede vir die aanval word deur polisie ondersoek.

LEES OOK: Polisievrou afgedank ná aanranding

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Victim’s family laments another delay in north ANC councillor rape case