Gospelfees in Pretoria om die draai

Die Gemeentes van Christus (GVC) se gospelfees is om die draai.

Hierdie fees ten bate van die Pretoria-Noord gemeenskap beloof om ’n geestelike ervaring vir jonk en oud te wees.

“Die GVC Gospel Fees het ten doel om die goedheid en guns van God in ons lewens te beklemtoon,” sê een van die organiseerders, Johan De Jager.

“GVC Pretroria-Noord is gebaseer op die beginsel van gelykheid en eendragtigheid onder die vaandel van liefde in Christus aan ons geopenbaar,” sê hy.

“Ons bedien ons gemeenskap met kospakkies en ander nodige items om lewens te vergemaklik van minder bevooregte mense.”

Hy sê GVC is van 1955 af aktief betrokke in Pretoria-Noord.

“Die kerkgebou is in President Steynstraat 601, Pretoria-Noord.

De Jager sê: “Ons beoog om die fees ’n jaarlikse instelling te maak om geld te genereer vir geriewe om die gemeenskap te bedien met broodnodige hulpmiddels.”

Die GVC Gospel Fees vind plaas op 27 en 28 Oktober by Hillside Golfbaan.

Talle kunstenaars gaan die geleentheid bywoon, naamlik: Jo Black, Onbeskaamd, Ablaze en Vriende, Leon Goosen, Etiene de Koker, Jay Paul en Jennifer.

Akteurs van die gewilde sepie Binnelanders gaan ook te sien wees.

Hope pret en vermaak wag op feesganger, met items soos boeresport en ’n potjiekos kompetisie.

Vir ’n video-voorsmakie van die musiekopvoerings verwag by die fees, besoek:

Meer inligting beskikbaar by “Die GvC Gospel Fees” Facebookblad of skakel 012-546-5513.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
INTERNATIONAL NEWS: BREAKING: Linkin Park vocalist commits suicide