Hoop vir Pta-Noord kind om te hoor

Cady en haar ma Arnel. Foto: Facebook

‘n Laerskool meisie van Pretoria-Noord wat byna niks kan hoor sonder gehoorapparate nie, se familie het weer nuwe hoop dat sy eendag hul stemme sal hoor.

Cadence Kaplan, of “Cady” soos haar ma Arnel haar noem, se gehoororgaan – of koglea – het nooit ten volle ontwikkel nie.

Arnel sê Cady kan slegs sommige skerp geluide hoor waarop sy dan met ‘n luid gebabbel reageer.

“Cady raak maklik gefrustreerd omdat sy graag soos ons met woorde wil kommunikeer – maar nie weet hoe om die woorde uit te spreek nie,” sê Arnel.

LEES OOK: OPVOLG – KYK VIDEO: Help dogtertjie van Pta-Noord hoor

Cady is eers op sewe jaar met ‘n gehoorprobleem gediagnoseer.

“Sy het nog altyd die probleem gehad, maar is vir jare deur verskeie dokters en kenners verkeerdelik gediagnoseer,” sê Arnel.

Arnel het Cady op ‘n vroeë ouderdom na spesialiste geneem om haar gehoor te toets.

“‘n Bekende neurologiese dokter het Cady gediagnoseer met ‘apraxia van spraak’ – ‘n tipe spraakafwyking wat kinders kry en dan sukkel om woorde te vorm en te praat.”

Later, toe die familie in Australia was, is Cady met outisme gediagnoseer.

“Vyf jaar na ons terug gekom het na Suid-Afrika, was dit een groot stryd om finaal ‘n antwoord te kry oor hoekom Cady ons nie kan hoor nie.”

Uiteindelik was die gehoorprobleem deur ‘n dokter by die oorinstituut in Pretoria ontdek.

Arnel, desperaat vir haar dogter om te hoor, het Cady gevat vir nog toetse om vas te stel of sy geskik is vir ‘n kogleêre inplanting.

“Alhoewel sy kwalifiseer vir die inplanting, was die dokters nie gretig oor die idee nie,” sê sy.

LEES OOK: Pta-ma desperaat vir dogter om te hoor

“Hulle het gesê die inplanting moet vroeg in die kind se lewe gedoen word anders sal sy nie kan leer om te praat nie.” Die koste vir ‘n enkele implanting is ook onbekostigbaar, sê Arnel.

Op sosiale media en met hulp van ander besorgdes, probeer Arnel steeds geld insamel vir die nodige operasie.

Arnel sê onlangse verwikkelinge het ook nuwe hoop gebring dat Cady tog wel eendag sal praat. “Met nuwe terapie het ons agtergekom dat Cady op meer geluide reageer as voorheen,” vertel sy opgewonde.

“Dis nie te sê die implanting gaan onnodig wees nie, maar ten minste wys sy vordering.”

Kyk video:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Noord-egpaar 60 jaar getroud