Atlete se prestasies

Van links is: Tiaan Stevens, Chinique Jenkins, Nelize Barnard en Vihan Kemp.

Laerskool Stephanus Roos is uiters trots op elkeen van hul atlete wat aan die SA-kampioenskappe in Potchefstroom die afgelope naweek deelgeneem het.

Vihan Kemp het net-net tweede gekom in die seuns o.12 75m-hekkies.

Nelize Barnard hardloop die dogters o.13 200m en dring deur na die semi-finaal waar sy ’n negende plek behaal.

Tiaan Stevens het negende gekom met die seuns o.10-gewigstoot.

Chinique Jenkins wen die dogters o.12 verspring en breek ook die rekord wat al 19 jaar lank staan.

Haar nuwe rekord is 5.11m.

 

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Noord atlete presteer