Pta-ma en seun in huis gedreig met pik

Photo: Stock image

’n Ma en haar seun is Dinsdag in Hartbeespoort, noordwes van Pretoria deur twee rowers oorval.

Veiligheidskoördineerder van die burgerregte-organisasie AfriForum, Marius Müller, sê die vrou, haar 17-jarige seun en ’n huiswerker is in die huis in die Ifafi-woonbuurt aangehou.

LEES OOK: NUUSFLITS: Bejaarde man dood, vrou aangerand in wrede aanval

“Hulle het die dag gaste verwag. Die seun het uitgegaan toe hy die honde hoor blaf – met die gedagte dat hul gaste daar is,” verduidelik Müller.

“Toe hy uitkom was die rowers reeds in die erf en het hom oorrompel, geslaan en rondgepluk.”

Müller sê een van die rowers was gewapen met net die kop van ’n piksteel.

Die rowers het die ma, seun en huiswerker gedreig met dié wapen en hulle na die hoofslaapkamer geneem.

LEES OOK: Man wreedaardig aangerand in mes-aanval

Hulle het die sleutels van die kluis in die kamer gevra.

“Dit is onbekend wat die rowers alles uit die kluis geneem het,” sê Müller.

Hy sê die ma het glo vir die rowers gesê dat hulle gaste verwag, wat enige oomblik by die huis sal opdaag.

Die rowers het vinnig spore gemaak en met hul buit gevlug.

LEES OOK: NUUSFLITS: Vrou doodgeskiet in kleinhoewe-aanval

Hartbeespoort-polisie het bevestig dat daar ondersoek ingestel word.

Hul woordvoerder was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptaeast pta_moot ptacenturion getitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Montana-man kritiek na aanval

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other