Kleinseun praat met deernis oor sy vermoorde oupa

“Dit wat ons as ’n familie wil sê kan ons nie sê nie.”

So sê Jandre van Staden die kleinseun van Corrie Visser wat Dinsdag wreedaardig in die Moot aangeval en vermoor is.

LEES OOK: NUUSFLITS: Bejaarde man dood, vrou aangerand in wrede aanval by huis

Visser se vrou, Gerrie is ook aangeval en het talle steekwonde en kneusplekke op haar arm en keel opgedoen. “Sy is vir dood agtergelaat,” sê Van Staden.

Kilnerpark Sekuriteit se woordvoerder, Ancelize van der Kooi sê, ’n gemeenskapslid het hulle gistermiddag ingelig dat ’n vrou by haar hek lê in 12de Laan tussen Ben Swart en Swemmerstraat. Bloed is opgemerk aan die vrou.

“Ons reaksie voertuie is omstreeks 14:00 na die huis, waar hulle op die tannie afgekom het,” sê Van der Kooi.

Volgens Van Staden is die egpaar se huis nie deurmekaar gelaat soos voorheen berig nie.

Corné Plaisier, wat sy huis oorkant die straat verhuur, sê, “Die tannie het na die voordeur gekruip en teen die hek gekap om aandag te trek.”

LEES OOK: Bejaarde steeds in hospitaal ná aanval

Van Staden sê, “Dit gaan goed met ouma Gerrie. Sy het gister in die hoësorgeenheid deurgebring.”

“Ek dink nie sy weet van oupa se afsterwe nie. Sy is nog baie deurmekaar.”

Van Staden sê sy oupa was ’n pa vir almal. “Almal het hom ‘dad’ genoem. Hy was soms kort van draad, maar sy hart was baie goed.”

“Oupa was ’n gesiende man in die kerk. Hy was altyd daar vir almal. Mens het nie nodig gehad om hom te vra vir hulp nie.”

Die woordvoerder van die Moot SAPS, Kaptein Anton Breedt, het bevestig dat ’n saak van moord en poging tot moord by die Moot polisiestasie ondersoek word.

LEES OOK: Bejaarde sewe keer met mes gesteek

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptaeast pta_moot ptacenturion getitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Gauteng department apologises for short paying markers