NUUSFLITS: Bejaarde man dood, vrou aangerand in wrede aanval by huis

’n Man is vermoor en sy vrou ernstig beseer tydens ’n wrede aanval by hulle huis in die Moot Dinsdagoggend.

Kilnerpark Sekuriteit se woordvoerder, Ancelize van der Kooi sê, ’n gemeenskapslid het hulle vanmiddag ingelig dat ’n vrou by haar hek lê in 12de Laan tussen Ben Swart en Swemmerstraat.

LEES OOK: Familielid vas na moord op pastoor

Bloed is opgemerk aan die vrou. “Ons reaksie voertuie is omstreeks 14:00 na die huis, waar hulle op die tannie afgekom het,” sê Van der Kooi.

Sy sê reaksie beamptes het om die huis geloop en die man, vermoedelik in sy laat 70’s, in die tuin by die agterdeur aangetref. “Hy was reeds oorlede, vermoedelik van steekwonde.”

Die motief vir die aanval is nog onbekend, sê Van der Kooi. “Die tannie was so in skok sy kon glad nie praat nie.”

Corné Plaisier, wat sy huis oorkant die straat verhuur, was ook op die toneel. “Die huis was baie deurmekaar,” sê Plaisier.

LEES OOK: Drie in hof oor moord op oud-polisieman

“Die tannie het na die voordeur gekruip en teen die hek gekap om aandag te trek.” Plaisier sê die vrou het ernstige steekwonde opgedoen en is in die hospitaal opgeneem.

Dit wil voorkom asof die area tussen Ben Swart en Swemmerstraat geteiken word, sê hy.  “Die oom was ’n pastoor en ’n liefdevolle mens,” sê Plaisier.

“Hy het altyd tyd vir sy medemens gehad. Dit is hartseer dat ’n man van sy ouderdom op so ’n wrede manier moes sterf.”

Die woordvoerder van die Moot SAPS, Kaptein Anton Breedt, het bevestig dat ’n saak van moord en poging tot moord by die Moot polisiestasie ondersoek word.

LEES OOK: Queenswood-bejaardes helder oordag aangeval

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptaeast pta_moot ptacenturion getitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
‘E-toll summonses are not legal’

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other