Vis in die drinkwater

Visse in die drinkwater. Foto: Verskaf
Visse in die drinkwater. Foto: Verskaf

Afgetredenes by ’n oord in die noorde van Pretoria sê hulle kan nou vis vang in hul drinkwater.

Groot was hul skok toe ’n inwoner van Noorderpark Aftree-oord haar kraan oopdraai en drie klein vissies in haar drinkglas ontdek.

Monique Visser (63) voorsitter by die oord, sê die saak is Maandagoggend by haar aangemeld.

“Ek het vroeër die oggend nog ’n hele bottel vol water opgedrink en het juis nou ’n maagaandoening — waarskynlik veroorsaak deur die gruwels in ons water.”

Visser sê die inwoner wat die vis in haar water gekry het, het een van die vissies van 1 tot 2cm saam met die water gehou om vir toetse te stuur.

“Een van die inwoners se seuns werk by die munisipaliteit, en sal die water kan toets. Ek het die ander twee visse gehou.”

Visser sê hierdie saak is a grieselrige affêre want “dit lyk of die klein vissies tande begin ontwikkel het”.

Visser maan ander inwoners aan om hul drinkwater te kook voordat hul dit gebruik.

Die aangeleentheid is onder die Tshwane-metro se aandag gebring.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Latest News

COMMENTS

ptaeast pta_moot ptacenturion getitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
On Wednesday morning, nyaope boys were seen stripping the bus to sell the metal as scrap.
Bus torched as land grabs spread to Mabopane