Man sterf na vloed

Leon Strydom. Foto: Facebook
Leon Strydom. Foto: Facebook

Die vermiste Leon Strydom (40) se familie is platgeslaan na sy lyk gevind is. Hy is verlede week as vermis aangegee nadat sy motor deur vloedwater meegesleur is. Sy lyk Vrydag uit die Apiesrivier gehaal.

Strydom was Donderdag tydens swaar reën op pad na sy werk, toe vloedwater sy voertuig in Honingnestkrans tot in die Apiesrivier gespoel het.

Tshwane-nood- en ambulansdienste is na die toneel waar die dak van Strydom se voertuig skaars sigbaar in die water was.

Woordvoerder van Tshwane-nooddienste Johan Pieterse het Donderdag aan Rekord gesê dat dit te gevaarlik was om ’n reddingspan in die water te kry en die voertuig uit te haal. Dit was toe onbekend of daar enigiemand in die voertuig was.

Die volgende dag was die noodspanne terug op die toneel om met ’n sleepvoertuig Strydom se motor uit die water te kry.

Die voertuig is geïdentifiseer as die van Strydom, wat deur sy familie as vermis aangemeld is.

SAPD-duikspanne het die liggaam van ’n man ontdek,” het Akasia-polisiewoordvoerder kaptein Riana van Aarde Vrydag aan Rekord bevestig.

Die familie het dieselfde dag Strydom se lyk geïdentifiseer.

“Dit het die familie hard getref en hulle wil nie met die media praat nie,” het DA-raadslid, Hannes Coetzee gesê.

“Inwoners van die omgewing het geld ingesamel om die familie na die tragedie te help.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Latest News

COMMENTS

ptaeast pta_moot ptacenturion getitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
powercable_559407205
Power restored in the north