Hy maak soetgoed vir die siel

Willie Smit - die Fudge-man. Foto: Corlia Kruger

Corlia Kruger

Montana-inwoners, veral diegene met ’n soettand, sal weet wie is Oom Willie Smit die fudge-man.

Vir 10 jaar en nege maande het dié man met sy sakkies karamel-fudge vir R10 op die hoek van Sefako Makgatho (Zambesi) rylaan en Enkeldoornstraat gestaan.

Op ‘n dag was hy skielik nie meer op sy gereelde staanplek nie. Meninge inwoner en motoris wat gereeld van Smit se fudge gekoop het, kon net wonder wat van hom geword het.

Rekord het Smit opgespoor by ‘n meenthuis wat hy huur in Montana.

Hy vertel dat hy nie weer kan terugkeer na sy straathoek toe nie weens gesondheidsprobleme.

“In 1992 is ek gediagnoseer met Parkinson se siekte,” vertel die 54-jarige Smit.

Die siekte het sy spraak aangetas en hy het soms hulp nodig van sy goeie vriendin en buurvrou, Koekoes Vorster, wat namens hom ook bestellings vir fudge sal neem.

“Ek moes jare gelede ’n diep brein simulasie (DBS) ondergaan,” sê Smit.

Hy verduidelik dat ‘n toestel in sy bors geplant is om impulse na sy brein te stuur sodat hy normaal kan funksioneer.

Onlangs het Smit se gesondheidstoestand geweldig verswak en hy vertel dat hy ’n paar keer sy bewussyn langs die pad verloor het.

“Dit is toe ek besluit het dit is nie veilig vir my om op die straathoek te staan en verkoop nie,” sê hy.

Vorster het toe met die voorstel gekom dat sy namens Smit bestellings sal neem.

“Ek help hom, want hy probeer darem om op ’n eerbare manier ’n inkomste te verdien om vir homself te kan sorg,” sê Vorster.

“Hy maak die minimum-wins uit sy verkope. Die meeste van sy geld word gebruik om die beste bestanddele te kry en sy elektrisiteitskoste te dek.”

Smit sê hy maak al van kleins af die lekkergoed volgens ‘n resep wat sy ma hom geleer het.”

Dit is een van die moeiliker lekkernye om te maak en Smit sê die regte aanvoeling is nodig om suksesvol met fudge te wees.

Hy het die tekstuur en romerige goudbruin kleur van sy baksels oor die jare bemeester.

“Ek gebruik net die beste bestanddele,” sê Smit. “Egte Mooirivier-botter werk goed saam met die Goldcross-kondensmelk en Lyles-stroop.”

Smit sê hoewel hy meestal net karamel-fudge maak, sal hy af en toe op die aandrang van vriende ook ander soorte fudge optower.

Vorster sê sjokolade- en koffie-gegeurde fudge is van haar gunstelinge.

“Hulle moet dan maar net die hele baksel fudge neem, want ek sal nie die fudge hou nie,” sê Smit. “Ek verkoop nie ou fudge aan mense nie.”

Oor die jare het Smit lojale kliënte en vriende gemaak wat hom steeds ondersteun.

Ian de Jager, mede-eienaar van AdSpark ’n advertensiemaatskappy, maak deel van die lojale groep ondersteuners uit.

Hy het besluit om twee keer ’n week vir Smit ’n advertensie op hul Facebook-blad te sit.

“Oom Willie is al jare lank deel van die gemeenskap. Hy het ’n mens se dag gemaak met ’n vriendelike glimlag en soet-dingetjie vir die pad,” sê De Jager.

Smit sê hy is dankbaar vir al die hulp.

Smit se vrou is 14 jaar gelede dood toe sy hospitaal toe is vir ’n “klein prosedure”.

“Dit was vir ons ’n groot skok toe die dokter vir ons sê ons haar kan verloor…” vertel Smit.

Die jongste van Smit se drie kinders was maar net agt jaar oud toe hy skielik as wewenaar agtergelaat is.

“My kinders is darem nou almal volwasse en kan goed vir hulself sorg,” sê Smit trots.

Smit sê die fudge-makery is iets wat hy vir eers sal aanhou doen omdat hy dit geniet.

Hoewel hy soms sukkel om sy geldsake aan die einde van die maand laat klop, sal Smit nie die prys van sy karamel-bederf opstoot nie.

“Ek maak fudge vir my bure, vriende en gemeenskap. Hulle is soos my eie familie en dit is vir my lekker as mense weer en weer terug kom om te koop en bestel.”

Smit sê die geheim vir sy heerlike fudge is liefde en geduld.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptaeast pta_moot ptacenturion getitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
OPVOLG: Riekie Steenberg se moordenaars vas in die noorde

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other