Kind verdwyn uit Pretoria kleuterskool

Antionette Bester en haar tweejarige wie onlangs vanaf sy kleuterskool in Pretoria Noord verdwyn het. Foto: Andrea Küsel
Antionette Bester en haar tweejarige wie onlangs vanaf sy kleuterskool in Pretoria Noord verdwyn het. Foto: Andrea Küsel

Andrea Küsel

Toe Antionette Bester verlede Donderdag haar pleegkind by die kleuterskool in Pretoria-Noord wou oplaai, was die kind skoonveld.

Die tweejarige seuntjie, wat met outisme gediagnoseer is, was by die Noord Lekkerleer Kampus in Pretoria-Noord.

Bester het ongeveer 14:00 by die skool aangekom en personeel gevra waar haar kind is. Hulle het glo vir haar gesê dat hy op ’n bed lê en slaap.

“Toe ek by die bed kom, was hy nie daar nie. Ek het dadelik vorentoe gehardloop en gesien die hekke staan almal oop.”

Bester sê skool-personeel het nie eens agtergekom dat haar kind weg was nie.

“Hoe lank was die kind weg? As ek nie daar aangekom het nie, sou hulle selfs geweet het die kind is weg?”

Sy is ná ’n gesoek vinnig buite toe. ‘n Vrou het buite die kleuterskool met Bester se kind stilgehou.

“Die vrou het hom twee blokke laer af in ’n hoofstraat gekry en hom na die skool gebring.”

Bester bevraagteken ook hoe presies die vrou geweet het waar die kind vandaan kom. Die familie het gevra dat die vrou hulle sal nader sodat hulle meer inligting rondom die saak kan kry.

“Hoe het die vrou geweet dat sy hom by hierdie spesifieke kleuterskool moet aflaai?”

Bester sê sy is baie ongelukkig oor die voorval en kan nie verstaan hoe die kleuterskool die hul hekke kon ooplos nie.

Die hoof van die kleuterskool, Mienie de Winnaar, sê sy was nie by die skool toe die kind verdwyn het nie.

“Toe ek by die skool gery het, was al die hekke toe.”

Sy het egter erken dat een van die hekke by die skool soms oopstaan omdat ouers en personeel daardeur beweeg.

“Maar die hek wat die speelterrein van die teerpad skei, is altyd toe.”

De Winnaar sê die eienaar van die kleuterskool is besig om regstappe teen die verantwoordelike personeel te neem.

“Afhangende van ’n ondersoek sal die personeel wat verantwoordelik was om na die kind te kyk moontlik afgedank word.”

Sy sê die eienaar het verslae van die personeel ontvang en dit word tans ontleed.

“Die eienaar wil egter geen verdere kommentaar lewer nie.”

De Winnaar sê die kleuterskool is tans besig om veiligheid op te skerp.

“Ons is besig om kameras oral op te sit. Daar gaan binne en buite kameras wees. Daar gaan ook ’n reël wees dat slegs personeellede hekke kan oop- en toemaak.”

Bester het besluit om haar kind uit die skool te neem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Latest News

COMMENTS

ptaeast pta_moot ptacenturion getitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
11e58fa0-af3c-4049-8a8d-1a02a86e89b6
Man dies in Snake Valley crash