Donker dae sonder water in die noorde

’n Groot waterlek in Gerrit Maritz- en Ben Viljoenstraat is einde laasjaar herstel. Foto: Verskaf

Pretoria-Noord-inwoners sien nog nie lig met waterlekke en buitewerkende lamppale nie.

Ontstoke inwoners in die noorde van Pretoria braak gal oor probleme met barsende pype en donker strate.

Na ’n waterpyp in Koos de la Reystraat gebars het Dinsdag, is talle inwoners sonder water gelaat.

“Hulle wil hê ons moet water bespaar, maar daar word niks gedoen aan die probleem met die gallone water wat in die straat afstroom nie,” sê een van die inwoners, Lottie Buys.

Op een van die warmste dae in Pretoria, loop gemoedere hoog en wag inwoners ongeduldig om die lopende water, wat tans in die straat is, terug in hul krane te kry.

DA-raadslid, Dana Wannenburg, meen die Tshwane-metro is agterstallig met herstelwerk na die Desember-vakansie.

“Met mense wat nou eers weer terugkeer werk toe, bly die departemente agter met herstelwerk.”

Die onlangse waterlek in Koos de la Reystraat is glo veroorsaak deur ’n boom se wortels wat die waterpyp beskadig het.

“Die departement verantwoordelik vir die herstel van die waterpyp sê hulle kan ook nou nie voortgaan voor die boom, deur ’n ander departement verwyder is nie,” sê Wannenburg.

Wannenburg en ander inwoners in die noorde kou swaar aan dié tamaletjie. Met die vermorsing van water sê inwoners verwag hul meer waterbeperkings wat ingestel gaan word.

’n Ander probleem wat inwoners op hul tande laat kners, is dié van straatligte wat buite werking is.

Na ’n erge haelstorm verlede jaar, is talle strate se straatligte beskadig.

Een van die inwoners in Jan van Riebeekstraat, Christa Wiggill, sê talle residensiële blokke is al meer as ’n maand in die donker gelaat.

“Ek bly alleen en moet soms in die aand na my ouers ry, wat as gevolg van hul gesondheid my nodig het. Ek is regtig bang om in die donker te ry,” sê Wiggill.

Wiggill sê Eeufees- en Koos de la Reystraat is ook pikdonker in die aand wat nie net gevaar vir motoriste inhou nie, maar ook vir huiseienaars.

Die metro het teen druktyd nog nie op Rekord se navraag gereageer nie.

Sien video van waterlek in Koos de la Reystraat deur Rudi Britz:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Oudste gholfspelers bly in die noorde

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other