update


Vierde inbraak ruk skool

Skade na inbraak by CVO Pretoria-Noord skool. Foto’s verskaf
Skade na inbraak by CVO Pretoria-Noord skool. Foto’s verskaf

Corlia Kruger

Die Christelik-volkseie Onderwys (CVO) Pretoria-Noord skool is vir die soveelste keer byna leeg gedra na ’n onlangse inbraak.

Salomien Vos, ’n direkteur by die skool, het Sondag die nuus met Rekord gedeel.

“Hulle moes tussen die 22ste (Desember) en vandag ingekom het om alles te steel,” beweer sy.

Na die derde inbraak by die skool meer as ’n maand gelede, is sekuriteit opgeskerp.

“Ons het ‘beams’ laat installeer. Van die sekuriteitshekke wat in ’n vorige inbraak oopgebreek is, was vas gesweis,” sê Vos.

Die verdagte diewe het toegang gekry tot binne die skool, sonder om die alarm te aktiveer.

“Ek glo dit was dieselfde mense wat ons die vorige kere besteel het. Hulle het presies geweet waar om die krag en die ‘beams’ af te sit en om die hek van binne af oop te maak.”

Vos sê die inbrekers het toegang gekry tot in die personeelkamer, die skool-kantoor en vier klaskamers.

“Daar was tekens dat hulle in nog ’n vyfde klaskamer wou inbreek,” sê Vos.

Tafels, lesenaars, stoele, ’n mikrogolfoond, waaiers en talle ander elektriese toestelle is op beslag gelê.

“Hulle het tot die koper-handklok, wat ons vir pouses lui, gevat. Hulle het selfs ’n spieël van die muur afgehaal en talle beeldjies uit die hoof se kantoor gesteel.”

Vos beskryf duisende rande se skade is aangerig tydens die voorval.

“Hulle het beslis baie tyd gehad om alles uit die klasse en kantoor te dra. Een deur is met drie slotte gesluit, wat hulle ook oopgebreek het.”

Tydens ’n vorige inbraak het diewe die skool se kluis uitgebreek, maar kon gelukkig nie weer daarin geslaag het nie.

“Hulle het die stoorkamer deursoek vir ’n sleutel vir die kluis… daar was sleutels oral op die vloer en die plek is in chaos na gelaat,” vertel Vos.

“Die skole begin weer amper… ek weet nie wat ons gaan doen om alles weer te vervang nie.”

Pretoria Noord polisie het weereens vingerafdrukke op die toneel  gekry.

Die ondersoek duur voort. Enige iemand met inligting kan die Pretoria Noord-polisiekantoor skakel of Crime Stop by 08600 10111. Informante kan anoniem bly as hul so verkies.

Lees ook: 

Skool derde keer besteel

Skool twee keer besteel

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Latest News

COMMENTS

ptaeast pta_moot ptacenturion getitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Een van die kraaie wat doodgeskiet is. Foto: Verskaf
Woede na kraaie se dood