Een gewond ná gewapende rooftog by winkelsentrum

Policevehicles_572288199

‘n Polisielid is gewond nadat hy ‘n gewapende rooftog by ‘n bekende winkelsentrum in Pretoria-Noord wou stuit.

Dit is die tweede winkelsentrum wat binne ‘n week deur sewe gewapende rowers geteiken is.

Volgens ‘n betroubare bron het die sewe rowers op Dinsdagmiddag by North Park Mall ingestorm en die werknemers van die Vodacom-winkel aangehou terwyl hulle die winkel geroof het.

‘n Lid van die polisie se georganiseerde misdaad-eenheid, wat van diens af was, het inkopies gedoen toe hy snuf in die neus gekry het. Hy het ondersoek gaan instel en na die Vodacom-winkel geloop. Die rowers het hom in die been geskiet en dadelik van die toneel gevlug.

Die beseerde polisielid is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas.

Volgens ‘n ooggetuie, wat anoniem wil bly, het hy inkopiegangers hoor gil en daarna ondersoek gaan instel. ”Ek het ‘n klomp mans uit die winkelsentrum sien hardloop nadat hulle een skoot afgevuur het.”

Mayville Mall-winkelsentrum is verlede Donderdagmiddag óók deur ses gewapende mans beroof. Daar word vermoed dat dit dieselfde rowers is wat North Park Mall geteiken het.

Die rowers het die Mayville Vodacom Chatz-winkel beroof en ‘n  lid van die publiek geskiet. Hy is lig in die been gewond terwyl ‘n ander lid van die publiek oor die kop met ‘n pistool geslaan is.

Lees ook:

Ses gewapende verdagtes slaan toe op Moot-winkelsentrum

Mayville Mall-ooggetuies deel ervaring

 

 

Latest News

COMMENTS

ptaeast pta_moot ptacenturion getitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Donkeys pull a cart north of Pretoria.
Donkey owner warned for ‘cruelty’