Voortrekkers hoofleierswageksamen geslaag deur Robin Coetzee en Kady Papenfus

Robin Coetzee en Kady Papenfus

Robin Coetzee en Kady Papenfus het verlede kwartaal die hoofleierswageksamen van die Voortrekkers geslaag.

Hulle was deel van die 174 Voortrekkers wat op grond van hul punte in hierdie eksamen uitgenooi is na die nasionale kamp waar toetsing vir die gesogte presidentsverkennertoekenning plaasvind.

Tydens hierdie kamp, vind streng toetsing op verskeie terreine insluitend leierskap, burgerskap, gesprekvaardighede en selfhandhawing plaas.

Beide Coetzee en Papenfus het hierdie toetse geslaag en die presidentsverkennertoekenning is aan hulle oorhandig.

  AUTHOR
Rekord News

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Oopklubs oorheers ook ander eindstryde in Carltonbeker A-liga