Seun versamel ou brilrame vir Brightsight

Gerhard Ebersohn oorhandig 250 brilrame aan die Lions Club.

Gerhard is as klein seuntjie met oogprobleme gediagnoseer en het amper sy oog verloor.

Na jare se behandeling kon die oog gered word.

Dit was sy wens om iets terug te gee aan die gemeenskap en hy het besluit om ou brilrame bymekaar te maak sodat hy mense kan help wat nie ’n bril kan bekostig nie.

Hy het op Saterdag 19 Augustus 250 brilrame oorhandig aan die Lions Club wat ’n projek “Brightsight” het waar oogkundiges mense se oë gratis toets en dan voorskrifglase in die rame sit.

 

  AUTHOR
Rekord News

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Police stomp out crime in the north