OPVOLG: Kenner praat na boelie-video

Nadat ‘n ontstellende boelie-video die rondes gedoen het op sosiale media het boeliekenner, Erich Posthumus raad aan slagoffers asook boelies gegee.

Die video is glo by ‘n skool in KwaZulu-Natal opgeneem en wys ontstellende beeldmateriaal waar ‘n vroulike leerder geslaan en geskop word deur ‘n mede-manlike leerder.

LEES OOK: VIDEO: Assault on learner to be probed thoroughly

Die departement van basiese onderrig het intussen hierdie geweld ten sterkste veroordeel en beskou dit as onaanvaarbaar.

Posthumus en sy gesin is die stigters van die Goeie Nuus Fabriek en toer tans steeds die land met hul ‘Boelie bestand’-program om aan alle partye die nodige kennis te gee hoe om die groot probleem van boelies te hanteer.

Posthumus het ook die video gesien en voel dat dit vir hom lyk asof die slagoffer haar pakslae ‘gevat’ het.

“Sy lyk asof sy geglo het dat sy die boelie verdien. Dit lyk nie asof sy haarself beskerm het of dit teengesit het nie.”

Volgens hom is dit meestal die probleem met boelieslagoffers, hulle voel asof hulle die boelie verdien. “Hulle dink hulle is nie goed genoeg of dat hulle iets verkeerd gedoen het.”

“Dit is ‘n leuen, geen mens mag so hanteer word nie.”

Posthumus het die woordvoerder van die Sinoville-polisiestasie, adjudant-offisier Johan van Dyk geraadpleeg oor boelie en watter wetlike gevolge daar mag wees. Volgens Van Dyk kan aanranding van ‘n klap in die gesig tot spoeg wees.

LEES OOK:Bullying probed at Pta school

Volgens Posthumus kan die persoon wat die video opneem en versprei net so aanspreeklik gehou word. “So ‘n video behoort dadelik aan die hoof van die skool oorgehandig te word.”

Van Wyk het aan Posthumus verduidelik dat sulke oortredings op ‘n kind se leêr aangeteken kan word.

Posthumus verduidelik dat die slagoffer van ‘n boelie drie dinge kan doen om die boelie te keer. “Record dit, rapporteer dit en don’t support it.” Met opneem bedoel hy nie dat videos en foto’s versprei moet word nie, maar eerder gehou moet word as bewyse. Dit moet ook by die skoolhoof of polisie aangemeld word.

‘n Mediese sertifikaat van enige aanranding sal ook handig te pas kom.

Posthumus sê dat boelies meestal aanhou met die gedrag, omdat hulle aandag kry. “Hy moet ontmoedig word. As hy sien dat hy nie meer positiewe aandag hieruit kry nie sal hy ophou.”

Hy noem dat Augustus die maand is om geweld teen vroue en kinders te stop.

“Ons moet ons dogters leer om weg te hardloop uit ‘n verhouding waar mans hulle fisies of emosioneel afkraak. “Die persoon sal nie sommer verander nie.” Vir mans het Posthumus ‘n eenvoudige boodskap.

“Ordentlike mans koester vroue en breek hulle nie af nie.”

Hy sê dat die rol van pa’s die belangrikste rol sal wees teen meisies wat geboelie word. “‘n Pa se werk is nie om ‘n dogter te leer hoe om ‘n dame te wees nie, maar hoe ‘n dame hanteer behoort te word.”

Hy sê dat ‘n boelieslagoffer nie moet toelaat dat boelies hulle intimideer deur leuens nie. “Die waarheid sal mens vrymaak.”

“Die Goeie Nuus Fabriek en beraders is belangrike hulpbronne om slagoffers van boelies by te staan.”

LEES OOK: Anti-Boelie Opvoering

Erich Posthumus. Foto: Facebook.

Zoey, Erich, Bernard en Lizette Posthumus. Foto: Facebook.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Mari Rheeder

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Fifty nabbed in Ga-Rankuwa

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other