NUUSFLITS: Pta vrou (28) geskiet deur militêre man

Carine van Staden is Donderdagaand geskiet. Foto: Verskaf

’n Vrou (28) is kritiek na sy Donderdagaand in die bors geskiet is in die noorde van Pretoria.

Inwoner Johan van Staden sê sy dogter Carine is omstreeks 18:00 in Braam Pretoriusstraat geskiet deur ’n lid van die weermag.

“Sy is in die intensiewe sorgeenheid waar sy vanoggend (Vrydag) weer bloed ontvang het,” sê Van Staden.

Hy het die gebeure aan Rekord beskryf:

“Carine en haar verloofde, Johan Harmse, het saam op sy motorfiets na vriende toe gery die aand.”

“Hulle het deur die Poort gery toe ’n voertuig hulle van die kant af stamp.”

Van Staden sê Harmse het die motor, wat van die toneel af weggery het, agtervolg.

“Hulle het hom gevolg tot by Braam Pretoriusstraat, waar hul langs die motor stilgehou het,” sê Van Staden.

LEES OOK: Man erg aangerand in Sinoville

“My dogter het van die motorfiets afgeklim en aan die bestuurder se ruit gaan klop om sy aandag te kry.”

Wat volgende gebeur het, sê Van Staden, was uiters skokkend en onverwags.

“Die bestuurder het sy venster afgedraai en sonder ’n woord, ’n vuurwapen op haar gerig en geskiet.”

Van Staden sê ’n geskokte Harmse het van sy motorfiets afgespring om Carine te help.

“Die man in die motor het toe sy vuurwapen ook op hom (Harmse) gerig.”

“Hy het dadelik sy hande in die lig gegooi en grond toe geval sodat die man nie hom ook moet skiet nie.”

Na die motoris weggery het is nooddienste na die toeneel ontbied.

“Die koeël het my dogter se hart met millimeters gemis en sy het baie bloed verloor,” sê ’n emotionele Van Staden.

Hy sê haar toestand is stabiel – maar dinge kon baie erger gewees het.

“Die man wat haar geskiet het is ’n lid van die weermag.”

LEES OOK: #KFCAssault accused ‘unfairly defamed’ as racist group

“Ooggetuies het foto’s geneem van sy motor, ’n weermag-voertuig, se registrasie nommer.”

Van Staden sê hy is terleurgesteld in die polisie se optrede.

“Die man van die weermag het glo gesê dat hy gedink het hy word gekaap. My meisiekind wat 55kg weeg is klein en fyn gebou – hoe kan sy dan nou eenigsins soos ’n bedreiging gelyk het.

“Hy moet mos ook weet dat ’n mens nie iemand sommer so kan skiet nie – hy het mos opleiding gehad.”

Van Staden sê die man is nie in hegtenis geneem nie.

“Hoe werk dit dan dat mense toegesluit word vir ’n beweerde aanranding – maar daar word niks gedoen as my dogter byna dood geskiet is nie?”

Polisie het bevestig dat ’n klag van poging tot moord ondersoek word.

Polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk sê: “Die dosier is verwys na die nasionale vervolgensgesag en word ondersoek.”

LEES OOK: Polisievrou afgedank ná aanranding

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
NUUSFLITS: Man erg aangerand in Sinoville

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other