Swak dienslewering onaanvaarbaar – Sinoville-polisie

Sinoville-bevelvoerder kolonel Maria Roberts. Foto: Corlia Kruger

Sinoville-polisie sê goeie dienslewering bly hul top prioriteit.

Inwoners word weer aangemoedig om klagtes oor polisie-dienslewering aan te meld by hul naaste polisiekantoor en nie op sosiale media nie.

“Ons versoek dat klagtes oor polisiebeamptes en dienslewering nie onnodig op sosiale media geplaas word sonder dat Sinoville SAPD kennis dra daarvan nie – omrede dat probleme nie opgelos kan word as ons nie daarvan bewus is nie,” sê woordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk.

Sinoville-stasiebevelvoerder kolonel Maria Roberts sê: “Dienslewering is nie onderhandelbaar nie, Sinoville SAPD sal ten alle tye professioneel optree en die veiligheid van die gemeenskap eerste stel.”

LEES OOK: Polisie streng op goeie dienslewering

Van Dyk sê dit het onder die polisie se aandag gekom dat sommige inwoners in die polisiëringsgebied “ongelukkig” is met dienslewering van die SAPD.

“As daar klagtes deurgeskakel word waar polisiebystand verlang word (hetsy by 10111 of die polisiekantoor aangemeld), moet die klaer vra vir ’n verwysingsnommer asook die naam van die persoon wat gehelp het sodat as daar enige navrae of tekortkominge is oor dienslewering dit dadelik aangespreek kan word,” sê hy.

“Ons is gereeld besig met opleiding om dienslewering te verbeter.

LEES OOK: Sinoville-polisie slaan toe op dwelmhandelaars

“As daar enige ontevredenheid heers oor die diens wat ontvang is, moet dit dadelik by die polisiekantoor aangemeld word. Daar is ten alle tye ’n offisier op bystand (kontak nommer: 082-491-1351) wat aandag kan gee om tevredenheid te bewerkstellig.

Daar is ook ’n 24-uur speurdersbystandsgroep (kontak nommer: 082-822-7123) beskikbaar om aandag aan misdaadklagtes te gee.”

Roberts verwelkom ook inwoners om haar gedurende kantoorure te spreek of skakel by 012-543-8800.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Little Eden for Sinoville police