Hokkiebokkies is Stadsbekerwenners!

O.14-hokkiespan is naaswenners in die Stadsbekertoernooi.

Hoërskool Overkruin se o.15-hokkiespan het vanjaar geskiedenis gemaak deur as Stadsbekerwenners vir Mediumskole 1 gekroon te word.

Hulle het vir Hoërskool Erasmus in die eindstryd 3-0 geklop.

Drie hokkiespanne van Hoërskool Overkruin is op pad om aan die prestige Noordvaalkampioenskap deel te neem.

Die o.14-span was nie net ligawenners nie, maar het 27 doele met geen teen hulle, gedurende die liga aangeteken.

Beide die o.14- en o.16-spanne is naaswenners van die Stadsbeker.

Die skool is dan vanjaar ook as top hokkieskool ( Mediumskole 1) gekroon.

  AUTHOR
Rekord Newspaper

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Stadsbekerfinaal