Gesoute diewe gefnuik in noorde

Kaptein Annamarie Verster en adjudant-offisier Wayne van Wyngaard het verlede week twee gesoute diewe op heterdaad betrap. Foto: Verskaf

‘n Groot slag teen misdaad is verlede week in die noorde geslaan toe twee gesoute diewe gefnuik is.

Die twee was in die proses om selfoontoring-batterye ter waarde van duisende rande te steel.

Dit het later geblyk dat hulle gesoek word in verband met agt ander misdade in Sinoville en nog 20 elders in die land.

Sinoville-polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk sê die diewe is Woensdag op die hoek van Vinko- en Kurumanstraat in Sinoville voorgekeer.

“Omstreeks 07:20 was kaptein Annamarie Verster en adjudant-offisier Wayne van Wyngaard op ’n patrollie toe hulle die twee verdagtes gewaar,” sê Van Dyk.

“Die twee mans, oorspronklik van Zimbabwe, het glimbaadjies aangehad. Toe die beamptes ondersoek instel, sê die mans hulle ruil batterye vir Vodacom om.”

LEES OOK: Sinoville-polisie slaan toe op dwelmhandelaars

Van Dyk sê die beamptes het batterye agter op die verdagtes se ongemerkte voertuig, ’n wit Nissan bakkie, gesien en onraad vermoed.

“Hulle het navraag gedoen en vasgestel dat die mans nie vir Vodacom werk nie,” sê Van Dyk.

“Hulle het inbreekgereedskap in een van die verdagtes se besit gevind asook in die bakkie.”

Van Dyk sê een van die mans het probeer weghardloop, maar is vinnig voorgekeer.

“Albei is in hegtenis geneem.”

Van Dyk sê vier batterye tot die waarde van R24 000 is in die Nissan-bakkie gevind.

“By die polisiekantoor is hul profiele nagegaan en gevind dat die twee mans verbind word met agt misdaadoortredings in Sinoville asook 20 sake landwyd.”

Sinoville-stasiebevelvoerder kolonel Maria Roberts bedank Verster en Van Wyngaard vir hul uitstekende diens.

“Die Sinoville-polisiespan bly toegewyd aan hul gemeenskap en stel inwoners se veiligheid eerste,” sê Roberts.

In samewerking met die Sinoville-GPF sê polisie word misdaad in toom gehou.

“Tydens die Wonderboom Nasionale lughawe se lugskou – met sowat 15 000 tot 20 000 mense teenwoordig – is daar nie ’n enkele misdaad aangemeld nie,” sê Van Dyk.

Die enigste misdaad wat steeds ’n probleem is in die Sinoville en Montana omgewings is diefstal van en uit motorvoertuie.

“Daar is ’n tendens opgemerk van veral Toyota voertuie wat gesteel word.”

Motordiefstal blyk ook Pretoria-Noord se mees algemene misdaad te wees.

LEES OOK: Sinoville CPF best in Gauteng
“Voertuie word veral by winkelsentrums en skole geteiken,” sê Kaptein Rebecca Phatlane, woordvoerder vir die Pretoria-Noord-polisie.

“Mense moenie hul voertuie op afgeleë plekke te laat nie en moet altyd seker maak hul deure is gesluit.”

Die soort diefstal word ook gereeld in Akasia aangemeld.

Tienie Vorster voorsitter van Amandasig Aksie Groep (AAG), sê daar is ook probleme met gewapende roof.

“Die naweek het Wonderpark-sentrum deurgeloop. Dis ’n groot gevaar vir veral ongewapende GPF-lede wat patrollie ry in die omgewing.”

In Onderstepoort en landelike gebiede in die noorde, is polisie en GPF ook ingestel teen roof en diefstal.

Cobie Jansen van Rensburg van die Pretoria-Noord Landelike-veiligsheidvereniging, sê veediefstal, kapings, kabeldiefstal en dwelmmisbruik bly van die algemene klagtes in die omgewings.

“Dwelmmisbruik veral onder jongmense bly ’n kommer,” sê Jansen van Rensburg.

LEES OOK: Skool tree op na dwelms gevind is

Die polisie en GPFs maan inwoners om misdade aan te meld en ook betrokke te raak by die GPF in hul omgewing.

“Saam staan ons ’n beter kans om misdaad uit te wis. In samewerking met ons gemeenskap kan ons ’n verskil maak,” sê Van Dyk.  Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Adjudant-offisier Johan van Dyk tydens die polisie se kinderbeskermingsweek. Foto: Corlia Kruger

Van links: Vernon Smith van Sinoville-GPF, kolonel Maria Roberts (Sinoville-stasiebevelvoerder) en adjudant-offisier Johan van Dyk. Foto: Corlia Kruger

Kaptein Rebecca Phatlane. Foto: Corlia Kruger

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
AfriForum dien klag in teen UP student

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other