Bulls verbeter drasties, verloor steeds teen Highlanders

Die Bulls het strate beter gespeel as ’n week gelede in die slagting teen die Crusaders, maar het Saterdagmiddag steeds met 10-17 teen die Highlanders verloor.

Dit moes hartverskeurende ondervinding gewees het vir die beleërde Nollis Marais, want sy span het inderdaad verdien om hierdie een te wen.

Dit was koud en nat in Pretoria en ná verlede week se vernedering teen die Crusaders was dít genoeg rede vir die meerderheid van die Bulls se ondersteuners wat ’n week gelede nog opgeruk het na Loftus Versfeld om hierdie keer tuis te bly.

Hoewel daar voor die afskop verwag is dat die manne uit Duneden beter by die ongure toestand sou aanpas, het die Bulls met groter intensiteit ingeklim en dit was duidelik dat veral die lostrio van die tuisspan ’n baie groter invloed op die wedstryd sou hê af ’n week gelede.

Ongelukkig het die Bulls se ou kwaal met balretensie weer kop uitgesteek. Hulle het ’n paar keer gevorder tot naby die doellyn, maar telkens weer besit verloor op kritieke tye.

Die Highlanders het self gesukkel om by die toestande aan te pas en die eerste helfte het dus in ’n taktiese skopstryd ontwikkel. Teen rustyd was daar nie veel te kies tussen die twee spanne nie en die verskil op die telbord (3-10) was weens een briljante oomblik vir Matt Faddes, wat ’n slim skoppie self opgevolg het om onder die pale te gaan druk.

Na rustyd het die Bulls skielik met meer selfvertroue begin speel en hulle het hul oorheersing van balbesit gebruik om konstruktief aan te val. Skielik het die Highlanders heel gemiddeld begin lyk en die druk wat die Bulls toegepas het, het die regte uitwerking op die besoekers gehad.

’n Blaps onder druk naby die doellyn deur die Nieu-Seelanders het aan Warrick Gelant die kans gegee om sake gelyk te maak toe hy op ’n losbal geval het in die doelgebied vir die Bulls se enigste drie.

Hierna het die die karige skare op die nat paviljoene skielik begin glo dat hul span tog die byna onmoontlike kon vermag en met ’n top span uit Nieu-Seeland kon afreken. Toe Waisake Naholo boonop met ’n rooikaart afgestuur word nadat hy vir Burger Odendaal met die skouer in die gesig getref het sonder om sy hande in die plettervat te gebruik, het ’n verrassing waarskynlik begin lyk.

’n Met minder as tien minute oor voor die eindfluitjie is die reserwe stut, Coenraad van Vuuren, oor die doellyn in sy SuperRugby debuut en die Bulls het geglo die oorwinning is op die kaarte. Die skeisdregter is egter gewys op ’n ooortreding van RG Snyman in die beweging wat die drie vooraf gegaan het. Snyman is met ’n rooikaart afgestuur en die drie is gekanselleer.

Kort voor die eindfluitjie is die Bulls se doppie geklink toe Malakai Fekitoa op die halflyn deur ’n gaping geglip het. Die ander debutant, Jade Stighling, het die laagvat verbrou en Fekitoa kon deurdraf om die wendrie onder die pale te druk.

 

PUNTEMAKERS:

BULLS: 10 Drieë: Warrick Gelant . Doelskoppe: Tian Schoeman (1) Strafdoele: Tian Schoeman (1).

HIGHLANDERS: 17 Drieë: Matt Faddes, Malakai Fekitoa. Doelskoppe: Fletcher Smith (1), Marty Banks (1). Strafdoele: Fletcher Smith (1).

Skeidsregter: Jaco van Heerden

 

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

  AUTHOR
Koos Venter
sport journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptaeast pta_moot ptacenturion getitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Bulls verbeter, maar verloor steeds teen Hurricanes

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other