OPVOLG: Man aangeval in Montana kuierplek steeds in hospitaal

Thys Palm. Foto: Verskaf

’n Man word vir breinskade behandel nadat hy verlede maand ernstig beseer is by ’n kuierplek in die noorde van Pretoria.

Willemien Palm vertel haar man Thys (42) is stabiel na die aanval wat hom vir weke in kritieke toestand in Montana privaat hospitaal gelaat het.

“Hy is oorgeplaas na Eugene Marais hospitaal en dit gaan nou baie beter met hom,” sê Willemien.

Thys is by ’n kuierplek naby sy huis deur ’n groep jong mans aangeval.

Willemien het vroeër op sosiale media gesê dat sy, Thys en hul 20-jarige seun by die kuierplek was toe die groep mans Thys aangeval het sonder enige duidelike rede.

“Ons was skaars 10 minute daar toe die klomp mans moeilikheid gesoek het met ons seun,” het sy vertel.

“My seun het uitgestap en ek het my handsak gekry. My man het my seun uit gevolg toe hy aangeval is.”

Willemien het Woensdag weer die gebeure aan Rekord beskryf.

“Hy het uitgeloop en links gekyk toe ’n hou van die kant af kom,” sê sy.

LEES OOK: Montana-man kritiek na aanval

“Hy het geval na die hou en ek het om hulp geroep.”

’n Video van ’n veiligheidskamera buite die kuierplek het gewys hoe die jong mans Thys slaan.

Hy is in ’n ernstige toestand hospitaal toe gehaas.

Altesaam vyf mans is in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk het vroeër vertel dat twee beskuldigdes borgtog gekry het na hul verskyning in die hof verlede maand.

Die drie ander beskuldiges was in aanhouding by Kgosi Mampuru II gevangenis.

“Soos ek verstaan is dié drie ook onlangs op borg vrygelaat,” sê Willemien.

“Dit maak my kwaad en hartseer dat hul straf so lig is vir dit wat hul aan my man gedoen het.”

Willemien sê Thys se breinskade is vroeër deur ’n dokter bevestig.

“Hulle sal nog met toetse bepaal net hoe erg die breinskade is,” sê sy.

“Hy onthou hy het kinders en ek is seker hy weet ek is sy vrou… maar hy onthou baie min van enigiets anders.”

Willemien raak emosioneel as sy beskryf hoe Thys vriende en familie vriendelik groet maar nie herken nie.

“Hy weet nie waar hy werk of waar hy bly nie, maar hy vra elke dag dat iemand hom net moet huis toe vat.”

Willemien sê finansieël gaan dit sleg en sonder Thys se inkomste sukkel sy om mediese onkostes te dek.

LEES OOK: NUUSFLITS: Bejaarde man dood, vrou aangerand in wrede aanval by huis

“Ons medies betaal nie alles nie, maar ek sal eerder alles in my huis verkoop as dit is wat nodig is om vir sy sorg te betaal.”

Willemien en Thys is die ouers van drie kinders (hul oudste en 11-jarige tweeling seuns) en het 30 Maart hul 21e huweliksherdenking gevier.

“Ek is ongelooflik lief vir hom. Hy is ’n fantastiese pa vir sy seuns.”

Sy sê: “Dis vir my so hartseer dat die ouers van daardie jong mans, wat Thys aangeval het, ook net nooit kom verskoning vra vir die langtermyn skade wat hul kinders veroorsaak het nie.”

“Daardie kinders het ’n man en pappa so beseer dat hy breinskade opgedoen het. Hulle het hom ontneem van sy geheue en sy toekoms.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

  AUTHOR
Corlia Kruger
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ptaeast pta_moot ptacenturion getit Autodealer.co.za
Top
Recommended Story x
Pta-noord man terug straat toe na aanval

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Centurion Rekord
Rekord East
Rekord Moot
Rekord North


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other